Description
Die Cambridge IGCSE Afrikaans Tweede Taal is ‘n reeks wat die kurrikulum vir Cambridge IGCSE Afrikaans – Second Language (0548) ten volle ondersteun. Die materiaal bied al die inhoud wat leerders in die laaste twee jaar van hul studies moet dek voordat hulle die finale IGCSE eksamen kan skryf. Cambridge IGCSE Afrikaans Tweede Taal Leerdersboek 1 bestaan uit tien opwindende temas wat verband hou met die leersders se wyer leefwêreld. Die temas is verdeel in vyf afdelings vir effektiewe taalonderrig, naamlik Praat en Luister, Leesbegrip, Aantekeninge en Opsommings, Taal en Woordeskat, en Skryf. ‘n CD-Rom, gratis by die Leerdersboek ingesluit, bevat al die luistertekste wat leerders sal benodig vir hul studies.